Jeug het vriende nodig, nie reëls nie

'n Dieet van 'Bybelverhale en reëls om te volg' is nie besig om jongmense voor te berei om die dilemmas van die werklike wêreld voldoende te hanteer nie en dit is hoekom baie die Kerk verlaat. Kerke wat nie uitwaarts gerig is nie en 'n algemene gebrek aan sorg nadat hulle die jeuggroep verlaat het, is ook as redes vir die vertrek aangevoer. In plaas daarvan moet kerke daarna kyk om inklusiewe gemeenskappe vir almal te wees, om te verseker dat almal uniek versorg word en waar jongmense ruimte kry om te groei en te bevraagteken sonder vrees vir mislukking. Dit was van die sleutelbevindings van die Baptiste Unie van Groot-Brittanje se Younger Leaders' Forum, wat verlede naweek by King's Park-konferensiesentrum, Northampton, vergader het. "Baie mense met wie ek gepraat het, het gesê dat Kerk hulle nie vir die regte wêreld voorberei het nie," sê mnr Eddison, YLF-lid van Yorkshire. "Hulle het hulp nodig gehad om tot morele keuses te kom, eerder as om vertel te word wat die antwoord is."

Bid: dat die goeie praktyk deur sommige kerke om in die behoeftes van jongmense te voorsien, landwyd sal strek. (Ps.144:12)

Meer: http://www.baptisttimes.co.uk/news1.htm