Daar is skaars 'n jongmens daar buite sonder 'n selfoon en die HOOP-beweging benut hul tegnologiese behendigheid met 'n nuwe veldtog wat jongmense aanmoedig om oor hul geloof te SMS. Textify is onlangs bekendgestel deur Hope Revolution, die jeugarm van HOPE, by die Redeemed Christian Church of God se Fees van Lewe in Manchester. As deel van die veldtog sal honderde jongmense hul selfone en sosiale netwerke gebruik om gesprekke oor Jesus te begin. Die veldtog neem 1 Petrus 3:15 as sy inspirasie, en moedig jongmense aan om Textify te gebruik as 'n manier om 'altyd bereid te wees om 'n antwoord te gee aan almal wat jou vra om die rede te gee vir die hoop wat jy het'. Textify daag jong Christene uit om 'n week vir drie vriende te bid en dan vir hulle elkeen 'n vraag of 'God-gedagte' te SMS as 'n gespreksaanvang.
Bid: dat die boodskap van die Evangelie op elke moontlike manier versprei sal word. (Hand.15:31)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/young.christians.texting.their.faith/28432.htm