Print this page

Vroue biskoppe

Die aartsbiskop van Canterbury het gepraat van sy begeerte om te sien dat vroue as biskoppe in die Kerk van Engeland georden word op 'n manier wat nie die gemeenskaplike lewe van die Kerk 'gewelddadig ontwrig' nie. By hul konferensie in Portsmouth het dr Rowan Williams Metodiste gevra om vir die Kerk van Engeland te bid voor sleuteldebatte oor vroue-biskoppe in die Algemene Sinode in York volgende week. 'My hoop en gebed is dat ons vroue sal sien wat as biskoppe in die Kerk van Engeland georden word. My hoop en gebed is ook dat ons dit sal doen op 'n manier wat nie sommige van die kenmerke van ons gemeenskaplike lewe gewelddadig ontwrig nie, wat veroorsaak dat ons mekaar eintlik in 'n sekere sin verloor.' Verder 'Ek is nogal bereid om 'Petrine' te wees vir 'n redelike lang tyd op daardie een' ['n verwysing na die leierskapstyl van Petrus wat op sekere beginsels gekompromitteer het om orde en hiërargie binne die kerk te bewaar].

Bid: dat 'n wyse besluit tot hierdie debat billik/aangenaam/regverdig vir alle partye sal lei. (Joh. 8:16)

Meer: http://www.christianpost.com/article/20100630/anglican-leader-seeks-prayers-ahead-of-debate-on-women-bishops/index.html