Walliese kerkleiers verdedig die positiewe impak van geloofsgemeenskappe

Walliese rade is aangesê om twee minute te spandeer om te dink oor die positiewe impak van geloof in hul gemeenskappe. 'Begin jou volgende vergadering deur stilweg na te dink oor die bydrae wat die Christelike vrywilligersektor tot jou gemeenskap gemaak het'. Dit is die uitdaging wat 'n Walliese kerkleier aan dorpsrade in Wallis gestuur het ná die hooggeregshof se besluit om gebede binne raadsvergaderings in Wallis en Engeland te verbied. Daar word gemeen dat soveel as die helfte van die Britse plaaslike rade glo gebedsessies hou as deel van hul formele verrigtinge. Elfed Godding, Nasionale Direkteur van Evangeliese Alliansie Wallis het gesê: 'Duisende Christene en aanhangers van ander godsdienste in Wallis inisieer, finansier en beman vrywillig honderde projekte wat die publiek van Wallis bevoordeel. Dit sal jammer wees as hierdie hooggeregshofuitspraak hierdie vrygewige en opofferende diens ondermyn. Die vreugde om ander te dien is sentraal in die Christelike boodskap.' (Sien lof-item)

Bid: dat dorpsrade regoor Wallis en die VK die voorstel om die impak wat geloof in hul gemeenskappe het, ernstig op te neem. (Ps.85:8)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/welsh.church.leaders.defend.positive.impact.of.faith.communities/29348.htm