David Cameron het geskimp na strenger vonnisse vir mesmisdaad in die nasleep van die jongste 'absoluut afgryslike' dood van 'n 15-jarige in Londen. Die noodlottige messteek van Zac Olumegbon buite sy skool in Wes-Norwood op 2 Julie is deur LP Chuka Umunna in die parlement geopper. In sy antwoord het die Eerste Minister verwys na 'n hersiening van vonnisoplegging en gesê: 'Ek is baie duidelik dat ons die sterkste moontlike sein moet hê oor hoe dit net onaanvaarbaar is om 'n mes te dra. Ons moet 'n sein uitstuur dat dit nie 'n defensiewe maatreël is nie, dit is nie 'n gawe ding om te doen nie. Dit behoort nie te gebeur nie en die straf sal streng wees'. Mnr Cameron het gesê die langtermynoplossing is 'om mense 'n alternatief te gee vir die bendes waarheen hulle aangetrek word, omdat hulle nie ander netwerke en hulp en hoop in hul lewens het nie. (Sien 4de item) Drie tieners, onderskeidelik 16 en 17 jaar oud, is van Zac se moord aangekla.
Bid: dat die Here veranderinge aan die jongmense se rolmodelle sal bewerkstellig. (Mt.18:3)