Waarskuwing oor godsdiensvervolging

Voormalige Tory-minister Ann Widdecombe het die regering van dubbele standaarde beskuldig wanneer dit kom by godsdienstige en homoseksuele vervolging in die buiteland. Mej Widdecombe het op 'n Christelike liefdadigheidskonferensie gesê dat premier David Cameron dreig om hulp te besnoei aan lande wat gays vervolg, maar niks doen om vervolgde Christene te help nie. 'As David Cameron streng is teen regerings wat gays vervolg, hoekom kan hy nie taai wees teenoor diegene wat Christene vervolg nie?' het sy aan die Aid to the Church in Need-jaarkonferensie gesê. "Jy staan 'n beter kans op ernstige verteenwoordiging as jy 'n krimpvarkie is as wanneer jy 'n vervolgde Christen is." Hulp aan die Kerk in Nood beweer 75% van alle godsdiensvervolging in die wêreld is teen Christene gerig met 105 000 wat elke jaar om geloofsverwante redes vermoor word.

Bid: dat ons Regering wys sal wees in sy oordele en uitspreek vir almal wat vervolg word. (1Pet.4:6)

Meer: http://www.google.com/hostednews/ukpress/article/ALeqM5hMpS3rPlRxKWhuhklYEwE8XesCSA?docId=N
0218681319290928371A