Geweld in skole

Tienduisende skoolleerlinge is verlede jaar uit Engelse skole geskors omdat hulle hul onderwysers of klasmaats aangeval het. Byna 17 000 van hierdie skorsings het laerskoolleerlinge van 11 en jonger betrek, en meer as 63 000 van hulle het kinders in sekondêre skole betrek. Die Departement van Onderwys se statistieke het ook aan die lig gebring dat daar gedurende 2008/09 1 240 gevalle was van kinders van vier en jonger wat om verskeie redes geskors is. Volgens die verslag is seuns drie keer meer geneig om geskors te word as meisies, en drie en ’n half keer meer geneig om permanent uitgesluit te word. Nick Gibb, minister van skole, het gereageer deur die regering se verbintenis tot die verbetering van gedrag in skole en die verhoging van akademiese standaarde te herhaal. Hy het gesê: 'Ons sal verdere maatreëls instel om onderwysergesag te versterk en skole te ondersteun om goeie gedrag te handhaaf'. In Februarie het 'n opname aan die lig gebring dat een uit elke vier ouers vermy om hul kinders te dissiplineer omdat hulle 'n 'maklike lewe' wil hê en vrees om hulle te ontstel.

Bid: dat alle gesinne van ontevrede leerlinge krag gegun word om respek vir diegene in gesag in te boesem. (Eks.20:12)

Meer: http://www.christian.org.uk/news/over-80000-suspensions-for-violence-at-school/