Print this page

Britse dokters laat vaar behandeling

Duisende praktiserende dokters in die VK het drankprobleme en ly aan depressie, het verskeie onlangse studies berig. Hulle gaan voort om pasiënte te behandel weens 'n 'kultuur van onoorwinlikheid' en 'aanwesigheid', sowel as 'n vrees vir blootstelling. ’n GMC-verslag het bevind dat 98 persent van 1 384 dokters wat die afgelope vyf jaar onderliggende gesondheidsbekommernisse gehad het, gediagnoseer is met alkohol- en dwelmmisbruik of geestesgesondheidskwessies. Alhoewel daar geen bewyse is wat daarop dui dat siek dokters pasiënte in hul sorg benadeel het nie, het die studie aangevoer dit is waarskynlik dat hulle 'n 'minder goeie diens' lewer. Dr Max Henderson van King's College in Londen se Instituut vir Psigiatrie het gesê: 'Dokters voel skaam om siek te wees en hulle hanteer siekte nie goed nie, hulle vind dit moeilik om die doktersrol vir die pasiëntrol te verruil.'

Bid: vir dokters wat ly aan uitbranding, stres en werkverwante druk om gepaste behandelingsweë te vind. (Spr.3:13-17)

Meer: http://rt.com/news/uk-work-henderson-health-157/