Britse dokters stem in tot geslagsaborsies

Vroue word aborsies toegestaan nadat hulle aan dokters gesê het hul baba is die 'verkeerde geslag', het 'n nasionale koerantondersoek onthul. Gesondheidsekretaris Andrew Lansley het die koerant se inligting by die polisie aangemeld en gesê om 'n aborsie op grond van geslag alleen uit te voer is 'moreel afstootlik'. Die Hoof Mediese Beampte skryf aan alle aborsieklinieke, NHS-hospitale en Primêre Sorgtrusts om hulle te 'herinner aan hul verantwoordelikhede en die vereistes' ingevolge aborsiewetgewing. Die Daily Telegraph se ondersoek het drie gevalle gevind van dokters wat aangebied het om aborsies te reël nadat hulle meegedeel is dat die vroue weens sy geslag nie die baba wil hê nie. Die Telegraph het gister in 'n hoofartikel gesê dat sy ondersoek ''n magdom ontstellende vrae laat ontstaan, en bygevoeg 'Die ondersoek het ook bevestig dat aborsie op aanvraag, wat dikwels as 'n mite afgemaak word, in werklikheid roetine is.' Dit het gesê dat 'die VK besig is om 'n onbenydenswaardige reputasie vir die kommersialisering van aborsie te ontwikkel.

Bid: vir 'n einde aan hierdie onaanvaarbare praktyk en vir 'n ferm reaksie deur die owerhede. (Sag.8:5 )

Meer: http://www.christian.org.uk/news/video-uk-doctors-agree-to-gender-abortions/