Die VK was eens 'n sendeling nasie, maar na jare van sekularisasie het 'n nuwe peiling bevind dat Christene in die VK toenemend na die oorsese Kerk kyk om te help met die werk om die Evangelie te versprei. In 'n opname onder meer as 1 100 Britse Christene het 74% saamgestem dat die VK sendelinge van ander lande nodig het om die Evangelie aan die mense te kom bring. Hierdie syfer is ondersteun deur 68% wat verklaar het dat uit al die wêreld se streke, die VK die hoogste prioriteit moet kry vir kerksending, gebed en ondersteuning. Die gevoel onder Britse Christene word weerspieël in hul gee, met 'n kwart van die deelnemers wat gesê het dat hulle meer vrygewig aan Britse sake begin gee het as aan oorsese sake. Die syfers is gepubliseer in 'The World on our Doorstep?', die jongste kwartaallikse boekie van die Evangeliese Alliansie se navorsingsafdeling.
Bid : vir die Kerk terwyl dit hulp van die globale Kerk soek om in die behoeftes van sending binne die tuislande te voorsien. (Handelinge 11:20)
Meer : http://www.christiantoday.com/article/uk.church.sees.need.for.missionaries.from.abroad/30145.htm