Dreig om dialoog met Anglikane te beëindig

Die Russies-Ortodokse Kerk het gedreig om aan dialoog met Anglikane te onttrek weens die 'liberalisme en relativisme' van sommige Anglikaanse Kerke, en die ontwikkeling van vroue-biskoppe in die Kerk van Engeland. In 'n toespraak by Lambeth-paleis 'n week gelede, het Metropolitaan Hilarion van Volokolamsk die Anglikaanse Kerk aangeval vir wat hy beskryf het as 'ons algemene getuie verraai deur van tradisionele Christelike waardes af te wyk en dit deur kontemporêre sekulêre standaarde te vervang'. Hy het die aartsbiskop van Canterbury aangemoedig om druk van liberale Anglikane te weerstaan. Sy langdurige aanval op liberalisme in die Anglikaanse Kerk het dr Williams verstom, het omstanders gesê. Hy het gesê 'Die afgrond wat vandag bestaan, skei nie soseer die Ortodokse van die Katolieke of die Katolieke van die Protestante as wat dit die 'tradisionaliste' van die 'liberale' doen nie.

Bid: dat fundamentele versoening tussen die twee kerke bereik mag word om die Koninkryk te bevorder. (Mt 5:24)

Meer: http://www.churchtimes.co.uk/content.asp?id=100650