Print this page

Die krag van positiewe gebede

Metodiste word aangemoedig om 'woorde van seën' oor die Kerk, sy visie, beplanning, bediening, lidmate en leiers te spreek, as deel van 'n nuwe Connexion-wye gebedsinisiatief. Met die titel 'The Power of Blessing', is hierdie inisiatief van stapel gestuur deur Methodist Evangelicals Together (MET) – 'n beweging van Britse Metodiste 'toegewyde tot gebed en herlewing' wat glo die grootste onafhanklike organisasie in die Connexion is. Met die ondersteuning van die Connexional-span, sal MET gedurende die komende maande 'n reeks hulpbronne vrystel, wat ontwerp is om Metodiste van alle tradisies te stimuleer om gebed te gebruik om die werk van die Kerk, hul gemeenskappe en die nasie te seën. 'The Power of Blessing' volg in die voetspore van die Kerk se 'Year of Prayer Without Ceasing', wat 'n program van deurlopende gebed regoor die Connexion bevorder het. Nadat hierdie program geëindig het, in Augustus 2006, het die MET-bestuur nuwe maniere begin oorweeg om op die skema te bou en meer gebed in die lewe van die Kerk aan te moedig.

Bid: vir die sukses van hierdie gebedsinisiatief. (Jak. 5:15-17)

Meer: http://www.methodistrecorder.co.uk/mrhlines.htm