Ongeag hul geloof is lede van die publiek genooi om Pous Benedictus XVI te sien. Dit het geblyk dat hy Nick Clegg, wat 'n ateïs is, en Harriet Harman sal ontmoet, wie se Gelykheidswet die Kerk kwaad gemaak het. Die regering is gretig om die vier dae lange staatsbesoek uit te beeld as 'n geskiedkundige gebeurtenis wat die land se aansien wêreldwyd sal verbeter en om die pous se verbintenis tot sosiale geregtigheid te beklemtoon om kritiek oor die koste en die kindermishandelingskandaal wat die Vatikaan raak, af te weer. Lord Patten hou toesig oor die besoek se beplanning. Hy het gesê dat die betekenis van die eerste staatsbesoek ooit deur 'n pous aan Brittanje groter is as die potensiële koste. Hy het op 'n perskonferensie gesê: 'Selfs as ons geweet het van die swak toestand van die land se finansies, is ek seker dit sou nie 'n oorweging gewees het nie, want die belangrikheid van hierdie besoek maak sy eie aanspraak op beskeie openbare steun.'
Bid: dat God die Pous se besoek op 'n positiewe manier vir baie gemeenskappe sal gebruik. (Ro.8:28)