Opname toon Brittanje se afhanklikheid van kerke

In 'n beduidende mate is Brittanje op kerke aangewese om na gemeenskappe uit te reik en die sosiale behoeftes van mense te midde van die finansiële krisis aan te spreek, het 'n nuwe studie bevind. Die studie, uitgevoer deur die Church Urban Fund, toon dat 6 500 Church of England-gemeente spesiale dienste bied om skoolkinders, ouers, nuwe immigrante en bejaardes te help. Altesaam agt uit 10 het gesê dat gemeentelede hul vrye tyd gebruik om informeel diegene te help wat sukkel met kwessies soos isolasie, gesinsverbrokkeling, dwelmmisbruik, gesinsgeweld of skuld. Die opname toon dat skenkings wat deur kerkgangers aan maatskaplike aksieprojekte gegee word, in net twee jaar met 19 persent tot £342 miljoen toegeneem het. Andrea Williams van Christian Concern het gesê: “Die regering moet verseker dat sy wetgewing – of dit nou liefdadigheidswetgewing of gelykheidswetgewing is – nie kerke en Christelike organisasies verhinder om hul diens te verrig terwyl hulle 'n openlike Christelike etos handhaaf nie.

Bid: dat wetgewing hersien word sodat Christene hul gemeenskappe as Christene kan dien – nie op 'n manier wat hulle dwing om 'hul geloof by die deur te laat' nie. (1Pe.3:15)

Meer: http://www.christianconcern.com/our-concerns/survey-reveals-britains-dependence-on-churches