'n Petisie wat 'n beroep op die regering doen om die bestaande definisie van huwelik te handhaaf, het meer as 18 000 handtekeninge opgetel in net een dag nadat dit van stapel gestuur is. www.c4m.org.uk Die petisie is deur die Coalition for Marriage (C4M) geloods in opposisie teen die regering se pogings om huwelike te herdefinieer om selfdegeslagverbintenisse in te sluit. Die koalisie het die steun van LP's en kerkleiers, insluitend die voormalige aartsbiskop van Canterbury, Lord Carey. Lord Carey het beweer dat die voorstel om die status van die huwelik te verander 'een van die grootste politieke magsvergrype in die geskiedenis uitmaak'. Die regering sal volgende maand met sy konsultasie oor die instelling van selfdegeslaghuwelike begin en het sy steun vir die verandering aangedui. ’n Peiling wat deur ComRes vir C4M gedoen is, het bevind dat die meerderheid mense in Brittanje (51%) wil hê dat die bestaande definisie van die huwelik as ’n verbintenis tussen een man en een vrou moet bly. Slegs 'n derde (34%) het gesê hulle ondersteun die voorgestelde verandering.
Bid: dat hierdie petisie en die ondersteuning deur LP's en kerkleiers die huidige tendens teen die bestaande definisie van die huwelik sal omkeer. (Heb.13:4)