Print this page

Straatprediker gearresteer vir 'homofobiese' taal

Die Christian Legal Centre ondersteun 'n man wat Maandag (1 Julie) gearresteer is vir die gebruik van 'homofobiese' spraak terwyl hy op 'n Londense hoofstraat gepreek het. Tony Miano het uit 1 Tessalonisense 4:1-12 gepreek oor seksuele onsedelikheid en die noodsaaklikheid om daarvan te onthou. Mnr Miano is gearresteer en na die plaaslike polisiestasie geneem waar hy gefotografeer is, vingerafdrukke geneem is en 'n DNS-monster laat neem is. Mnr Miano het gesê: 'Dit het my verbaas dat hier in die land wat die Magna Carta vervaardig het dat 'n andersins wetsgehoorsame persoon sy vryheid kan verloor omdat een persoon aanstoot geneem het deur die inhoud van my toespraak.' Alhoewel hy 'n Amerikaanse burger is, beplan hy om 'n brief aan elke lid van beide Huise van die Parlement te stuur, waarin hy sy kommer uitspreek oor die afnemende vryheid van spraak in die VK en sy vrese dat die voorgestelde wetgewing wat die huwelik herdefinieer sal lei tot 'n toenemende aantal sake soos syne.

Bid: dat diegene wat God se Woord verkondig, beskerm sal word. (Ps.5:11)

Meer:http://www.christianconcern.com/media/interview-with-tony-miano-and-footage-of-his-arrest