Stephen Hawking weer

In sy nuwe boek, The Grand Design, daag professor Hawking tradisionele godsdiensoortuigings uit. Hy beweer dat die wette van fisika agter die Oerknal in plaas van God was. Die professor handhaaf sy bekende ateïstiese sienings en verdien 'n goeie bestaan uit die publikasie van materiaal soos sy The Grand Design. Hy sluit af: 'Omdat daar 'n wet soos swaartekrag is, kan en sal die heelal homself uit niks skep. Spontane skepping is die rede waarom daar iets eerder as niks is, hoekom die heelal bestaan, hoekom ons bestaan. Dit is nie nodig om God aan te roep om die blou raakpapier aan te steek en die heelal aan die gang te sit nie.' Hy stel voor om sir Isaac Newton se oortuiging te betwis dat die heelal deur God ontwerp moes gewees het aangesien dit nie uit chaos geskep kon word nie. Hawking se sofisme ignoreer doelbewus beide die bron van 'wette' waarna hy verwys en eenvoudige historiese en geopenbaarde menslike ervaring.

Bid: dat die Heilige Gees ware openbaring aan Stephen Hawking sal bring. (Hand.10:38)

Meer: http://www.dailymail.co.uk/sciencetech/article-1308278/Stephen-Hawking-God-did-create-Universe.html#ixzz0yMSxYmgX