Die jaarlikse 'Mind Body Spirit' Psychic Festival in Londen, Engeland, beweer dat dit aan die voorpunt van innovasie in die wêreld van die bonatuurlike, natuurlike genesing en persoonlike groei is. Duisende mense wat vanjaar se fees bygewoon het, was op soek na raad, rigting in die lewe, genesing en nuwe produkte om die lewe beter te maak – almal het praktiese en geestelike oplossings gesoek. Youth With A Mission het vanjaar 'n stand by die fees gehad, beman deur vrywilligers wat gereed was om met feesgangers te praat en vir feesgangers te bid. Die spanne was aangenaam verras deur hoe oop mense was om met hulle te praat en gebede vir seën en genesing te ontvang. Baie van die mense wat gebed ontvang het, het later vriende teruggebring as gevolg van die impak van die woorde van waarheid en hoop wat tot hulle gespreek is. Die span het deur die dag gebid en God gevra vir spesifieke mense en situasies wat Hy wou aanspreek.
Bid: dat al die goddelike aanstellings vrugte sal afwerp en tot baie nuwe gelowiges sal lei. (Sag.10:2)
Meer: http://www.ywam.org/News-Stories/news/Spiritual-Encounters-at-London-Psychic-Fair