Die SNP het verlede Donderdag 'n meerderheid in die Skotse verkiesings gewen; dit is die eerste keer sedert devolusie in 1999 dat 'n meerderheidsregering verkies is. Eerste Minister Alex Salmond het tydens sy veldtog aangedui dat hy persoonlik die idee van selfdegeslaghuwelike ondersteun, en binne enkele ure na die historiese oorwinning is die SNP-meerderheidsregering deur 'n homoseksuele lobbygroep (Equality Network) aangemoedig om die huwelik fundamenteel te herdefinieer. Daniel Donaldson van die liefdadigheidsorganisasie het gesê: 'Ons hoop en verwag dat 'n konsultasie nou vinnig sal verloop.' Kritici is bekommerd oor die implikasies vir die samelewing en skole as die huwelik herdefinieer word. Michael White van The Guardian het kommer uitgespreek oor selfdegeslaghuwelike en gesê dat heteroseksuele huwelike duidelik is omdat dit 'daar is om kinders in 'n min of meer stabiele omgewing te produseer en groot te maak'. Die homoseksuele aktivistegroep, Stonewall, het reeds 'n onderwyseropleidingspakket aan laerskole gestuur waarin hulle versoek word om storieboeke te gebruik wat selfdegeslaghuwelike aanmoedig.
Bid: vir Eerste Minister Alex Salmond, en dat God deur die SNP se verkiesingsmanifes, en die Skotse Parlement se wetgewers sal werk. (Ps.2:10-11)
Meer: http://www.christian.org.uk/news/snp-govt-urged-to-make-gay-marriage-a-top-priority/