Sekularisme groter bedreiging vir die Christendom as Islam

Die grootste bedreiging vir die evangeliese Christendom is nie Islam nie, maar eerder sekularisme, verbruikerswese en popkultuur, het 'n nuwe studie bevind. In 'n opname onder byna 2 200 evangeliese leiers uit 166 lande, het 71% die invloed van sekularisme as 'n 'groot bedreiging' vir die evangeliese Christendom geïdentifiseer. Dit is gevolg deur verbruikerswese (67%), en seks en geweld in popkultuur (59%). Slegs 47% van die evangeliedienaars het die invloed van Islam as 'n groot bedreiging geïdentifiseer. Die opname, deur die Pew Research Centre se Forum oor Godsdiens en Openbare Lewe, het ook bevind dat evangeliste in die Global South meer optimisties is oor die toekoms van evangelisasie as hul broers en susters in die Global North. Terwyl sewe uit tien evangeliese Protestantse leiers (71%) wat in die Global South woon, verwag het dat die stand van evangelisasie in hul lande oor vyf jaar beter sou wees as wat dit vandag is, het evangeliese Protestantse leiers in die Global North verwag dat die situasie óf dieselfde sou wees (21%) of erger word (33%).

P ra y: dat God ons beskermer teen die vyande van Sy kerk en volk sal wees. (Ps.60:11)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/evangelicals.see.secularism.as.greater.threat.to.christianity.than.islam/28208.htm