Skotland het die tweede hoogste persentasie tiener-aborsies ter wêreld, toon nuwe statistieke. ’n Studie van navorsers in die VSA het aan die lig gebring dat 24 persent van alle aborsies in Skotland in die ouderdomsgroep onder 20 plaasgevind het. Slegs Kuba het 'n groter persentasie tiener-aborsies gehad, teen 29 persent. Verslagskrywer Gilda Sedgh, van die Guttmacher-instituut in New York, het gesê: 'Ons kan net spekuleer dat die vlakke van onbeskermde omgang onder adolessente relatief hoog is in Skotland'. Die studie het getoon dat 15- tot 19-jariges net 15 persent van die totale bevolking van Skotland uitmaak, en tog verantwoordelik is vir byna 'n kwart van alle Skotse beëindigings.
Bid: dat die neiging vir tiener-aborsies omgekeer en adolessente-opvoeding verbeter word.
Meer: http://www.christian.org.uk/news/scots-teen-abortion-percentage-second-highest-in-world/