Skotse kardinaal vra vir referendum oor 'huwelike' van dieselfde geslag

Kardinaal Keith P. O'Brien van St. Andrews en Edinburgh het die Skotse regering uitgedaag om 'n landwye referendum oor selfdegeslag 'huwelike' te hou, na aanleiding van sy verbintenis om 'n stemming vir onafhanklikheid te skeduleer, berig Catholic News Agency. 'Dit is duidelik dat as dit sinvol is om 'n referendum oor onafhanklikheid te hou, is dit van kardinale belang dat ons een oor die huwelik het. Dit is die enigste manier waarop die land vorentoe kan beweeg oor hierdie kwessie,' het kardinaal O'Brien gesê. Die land se eerste minister, Alex Salmond, het tot dusver gesê hy 'neig om' die beleid te ondersteun. Hy is egter ook daartoe verbind om die standpunte wat tydens sy administrasie se openbare konsultasie oor die kwessie uitgespreek is, aan boord te neem. Daardie proses van drie maande het meer as 77 000 voorleggings ingesamel – die hoogste reaksiekoers op enige konsultasie sedert die afgewentelde Skotse parlement in 1999 geskep is. Dit is ook drie keer die aantal openbare antwoorde wat ontvang is vir die regerende Skotse Nasionale Party se onlangse konsultasie oor sy vlagskipbeleid van Skotse onafhanklikheid.

Bid: vir die oproep vir 'n referendum om suksesvol te wees in die handhawing van Christelike huwelik. (Deut.23:2)

Meer:http://www.christiantelegraph.com/issue16884.html