Voormalige aartsbiskop veroordeel die behandeling van kampvegters wat tereg moet staan vir die versperring van die ingang van die Londense wapenbeurs. Justin Welby se voorganger as die aartsbiskop van Canterbury het ’n boodskap van ondersteuning gestuur aan vyf Christelike aktiviste wat vandeesweek in die hof sal verskyn nadat hulle vroeër vandeesmaand een van die ingange na die Londense wapenbeurs versper het. Rowan Williams het aan hulle gesê dat hy hulle sterkte toegewens het en bygevoeg: 'Ek is baie dankbaar vir diegene wat moedig die aandag gevestig het op die skandaal van hierdie situasie, en op die groter vraag oor die manier waarop regerings die wapenhandel ondersteun en subsidieer. Woede oor een soort gruwelike en onwettige wapens sal nie ernstig opgeneem word nie, tensy dit deel is van 'n omvattende bereidwilligheid om alle vorme van samespanning met tegnologies gevorderde geweld teen mense aan te pak.' (Sien Gebedswaarskuwing 37-2013)
Bid: vir diegene wat gearresteer is en standpunt inneem teen die wapenhandel. (Jes 2:4)
Meer: http://www.theguardian.com/uk-news/2013/sep/22/rowan-williams-arms-trade-activists