Onluste: Kerke ondersteun met gebed en praktiese hulp

Die onlangse onluste het oor 'n aantal groot stede in Engeland versprei, insluitend baie dele van Londen, Birmingham, Liverpool, Nottingham en Bristol. Die polisie het gesukkel om te reageer op vinnigbewegende en vinnig veranderende gebeure. Die meeste van die plundery en wanorde was in ekonomies benadeelde dele van die land, en onder jong mense. Die hoofdirekteur van die Evangeliese Alliansie het die oproer, plundering en vandalisme van die laaste paar dae as 'skokkend en onaanvaarbaar' beskryf. Hy het bygevoeg dat kerke verenig en 'onmiddellike aksie' neem om verligting, ondersteuning en sorg aan die slagoffers van die onluste te bied. "Christene is teenwoordig op straat en neem deel aan die opruiming deur aanmoediging en ondersteuning aan die nooddienste en hul bure te bied terwyl hulle vir vrede bid," het hy gesê. Na vier dae van onluste het die Eerste Minister gesê "Ons het 'n terugvegpoging nodig en 'n terugvegpoging is aan die gang."

Bid: teen die werk van die vyand wat die gedagtes van die jongmense bederf het en bid vir die herstel van orde, vir vrede en vir veiligheid en begrip. (Job.28:28)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/churches.supporting.riot.victims.with.prayer.and.practical.assistance/28404.htm