Daar is 'n halfmiljoen kinders in die VK wat ongelukkig is met hul lewens, volgens The Good Childhood Report 2012 wat verlede Donderdag gepubliseer is. Dit is geloods deur die aartsbiskop van York, dr John Sentamu, en waarsku dat 'n generasie kinders 'verlore' sal wees tensy 'n radikale nuwe benadering tot kinderjare in Brittanje geneem word. Saamgestel deur die Kindervereniging is die verslag gebaseer op onderhoude met meer as 30 000 kinders van agt tot 16 jaar oud. Dit sê nege persent van kinders het 'lae welstand' – 'n persentasie wat gelykstaande is aan 500 000 kinders en die syfer neem toe soos kinders ouer word. Die gesin het die grootste invloed op vlakke van geluk, met kinders meer geneig om gelukkig te voel as daar harmonie in die huis is en as hulle 'n ervaring van liefdevolle verhoudings tussen familielede het. Kinders wat gevoel het dat daar na geluister is en betrokke is by die neem van besluite binne die gesin, het ook 'n 'aansienlik' hoër vlak van welstand gehad.
Bid: vir kinders wat in 'onstabiele' huislewe verkeer en bid vir meer regeringsbeleid om die erkenning van stabiele huwelike as die basis van gesinslewe in te sluit. (Ps.68:6a)
Meer: http://www.christiantoday.co.uk/article/report.says.half.a.million.children.in.britain.are.unhappy/29163.htm