Godsdienstige haatmisdade neem toe in Skotland

Die aantal godsdienstige haatmisdade in Skotland het in 'n jaar met byna 10% gestyg, volgens nuwe syfers. Die Crown Office-verslag het gekom toe Eerste Minister Alex Salmond gewaarsku het dat die 'parasiet van sektarisme' nie in Skotland geduld sal word nie. Verlede jaar se syfer is die hoogste sedert 2006-’7. Intussen het die aantal aanklagte van rasmisdaad met byna 4% tot 4 165 in 2010/2011 gedaal. Meer as nege uit 10 van die sake in 2010-’11 het tot hofverrigtinge gelei. Mnr Salmond het by Holyrood gepraat ná sy herverkiesing as eerste minister, en gesê moderne Skotland is 'gebou op gelykheid'. Prokureur-generaal Frank Mulholland QC het gesê daar is geen plek in moderne Skotland vir misdade wat deur ras, godsdiens, seksuele oriëntasie, gestremdheid of transgender-identiteit gemotiveer word nie. Hy het gesê: 'Die hoë vervolgingskoers demonstreer dat oortreding wat deur vooroordeel gemotiveer word nie geduld sal word nie, en dat oortreders robuust deur Skotland se aanklaers hanteer sal word.

Bid: vir 'n groeiende verdraagsaamheid en buurmanskap om mense van verskillende geloofsoortuigings, denominasies en oortuigings toe te laat om harmonieus saam te leef. (Lev.19:18)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/uk-scotland-13438205