Print this page

Godsdienstige Kerskaartjies verdwyn uit winkels

Geboortetonele of verwysings na die Bybelverhaal verskyn op minder as een uit 25 kaarte, volgens 'n opname deur The Sunday Telegraph. Christelike groepe het gesê die bevindings is 'teleurstellend' en blameer die situasie op 'politieke korrektheid'. Die opname van meer as 2 100 kaartontwerpe in vier winkels – WHSmith, Marks & Spencer, Clinton Cards en Paperchase – het gevind dat slegs 82 enige godsdienstige verwysing bevat. Die meeste het eerder Kersbome, Kersvader of nie-godsdienstige boodskappe soos 'Seisoen se groete' uitgebeeld. Die baba Jesus is op slegs 13 kaarte gewys – minder as een persent van die totaal. Ander kaarte het veranderinge in moderne gesinsverhoudings weerspieël. Een het gesê: 'Vir 'n spesiale seun en lewensmaat wat vir jou liefde en gelukkige wense met Kerstyd stuur.' Stephen Green, nasionale direkteur van die evangeliese organisasie Christian Voice, het gesê: 'Dit is nog 'n teken van die impak van politieke korrektheid en hoe Christus van Kersfees geskei word'.

Bid: dat God Sy mense sal gebruik om op die mark te praat vir ons geloof. (2Kor.1:21-22)

Meer: http://www.telegraph.co.uk/topics/christmas/8211402/Christmas-cards-with-religious-images-disappear-from-High-Street-shops.html