Kerke in Noordwes-Londen sê hul planne vir 'n Goeie Vrydag-optog word in die wiele gery deur die plaaslike raad se weiering om aan hulle toestemming te gee om op die paaie te marsjeer. Die New Testament Church of God, St Andrew's Church of England, St Mary Magdalen en Willesden Green Baptist Church het toestemming gekry om 'n optog te hou, maar is deur Brent Council meegedeel dat hulle slegs toegelaat sal word om op die sypaadjies te marsjeer. Met honderde mense uit hul gemeentes wat verwag word om deel te neem, sê die kerke dat dit 'onrealisties' is om by die sypaadjies te hou en dit sal waarskynlik voetgangers ontwrig. Hulle vrees dat, tensy die plaaslike raad toestemming verleen dat die optog op die paaie plaasvind, hulle gedwing kan word om die jaarlikse viering af te stel uit besorgdheid oor die gesondheid en veiligheid van optoggangers en voetgangers. In vorige jare het die kerke die optog op die paaie gehou deur hul eie beamptes te gebruik om die verkeer te beheer.
Bid: dat die Brent Raad sal heroorweeg en toestemming sal gee vir hierdie geleentheid om die paaie te gebruik. (Job.6:29)
Meer: http://www.christiantoday.co.uk/article/red.tape.casting.doubts.over.london.churches.good.friday.procession/27803.htm