Tot 5 000 Moslem-kinders by 'n netwerk van Islamitiese skole regoor Brittanje word geleer hoe om die hande van diewe af te kap en dat Jode beplan om die wêreld oor te neem. Dit is bekend gemaak op die program Panorama op BBC One, wat ook beweer dat die kinders se handboeke ontdek is by 'n netwerk van 40 privaatskole, genaamd Saudi Students Clubs and Schools, wat die Saoedi-Arabiese nasionale kurrikulum onderrig. Een boek vir sesjariges waarsku dat diegene wat nie in Islam glo nie, in die dood tot 'helse vuur' veroordeel sal word. Nog 'n boek vir 15-jariges leer oor Sharia-wetgewing en die strawwe daarvan. 'Want diewe sal hul hande afgekap word vir 'n eerste oortreding en hul voete vir 'n volgende oortreding,' staan daar. Twee diagramme wys waar snitte gemaak moet word. Panorama het ook voorbeelde gevind van private Moslemskole wat ekstremistiese sentimente op hul webwerwe gebruik.
Bid: dat die Imams wat vurig wens vir beter begrip tussen ons gelowe, die gebruik van sulke ondermynende materiaal in Islamitiese skole sal beteuel. (Ps.55:9)
Meer: http://www.todayonline.com/World/EDC101123-0000046/Where-pupils-learn-to-cut-off-hands-of-thieves