Die skok om die Weermag te verlaat het sy tol geëis met alkohol- en geestesgesondheidsprobleme, werkloosheid en gesinsverbrokkeling volgens die Forces in Mind Trust. Veterane se alkoholprobleme het die grootste uitwerking gehad en het in 2012 na raming £35 miljoen gekos, gevolg deur geestesgesondheidsprobleme wat £26 miljoen gekos het. Daar word voorspel dat die koste vanjaar sal styg as gevolg van die verlies van duisende werksgeleenthede die afgelope maande in verdedigingsbesnoeiings. Die trust, wat hom beywer om dit vir veterane makliker te maak om terug te vestig in die burgerlike lewe, het gesê die groot meerderheid het die sprong suksesvol gemaak, maar dit is steeds verras deur die omvang van die koste. Die verslag het bevind die kultuurskok vir diegene wat die magte verlaat, is onderskat. Andrew Curry, skrywer van die verslag, het gesê: "Selfs diegene wat deur 'n goeie oorgang gegaan het, het gesê dat hul ervaring van die burgerlike lewe en die werkplek 'n skok was."
Bid: vir lede van die gewapende magte wanneer hulle die oorgang na die burgerlike lewe maak en dat hulle toepaslike ondersteuning sal ontvang. (Ps.55:22)
Meer: http://www.telegraph.co.uk/journalists/ben-farmer/10243464/Problems-of-Forces-personnel-switching-to-civilian-life-cost-114m.html