Plakkate verklaar 'Sharia-sone' in Oos-Londen

Islamitiese ekstremiste het plakkate in 'n stadsdeel in die ooste van Londen opgesit wat dit as 'n 'sharia-beheerde sone' verklaar. Die plakkate beweer met vrymoedigheid: 'Jy gaan 'n Sharia-beheerde sone binne. Islamitiese reëls afgedwing.' Onder is beelde wat aandui dat rook, alkohol en musiek verbied is. Die plakkate is glo verlede week in die distrik Tower Hamlets ontdek en is identies aan dié wat in die distrikte Waltham Forest en Newham gevind is. 'n Polisiewoordvoerder het gesê: 'Beamptes werk nou saam met die plaaslike owerheid om die plakkate so gou moontlik te laat verwyder.' Die plakkate kom as 'n wetsontwerp in die House of Lords poog om te keer dat die Sharia-wet wortel skiet as 'n parallelle regstelsel. Biskop Michael Nazir-Ali, wat in Pakistan grootgeword het en die voormalige biskop van Rochester is, steun die wetsontwerp. Hy het gesê: 'Die probleem met Sharia is dat dit inherent ongelyk is vir sekere soorte mense.'

Bid: dat die owerhede vinnig sal werk om die optrede van sulke ekstremiste in die VK te stop. . (Ho.10:4)

Meer: http://www.christian.org.uk/news/posters-declare-sharia-zone-in-east-london/