Swak grade veroorsaak dat jongmense ambisies opgee

Een uit elke drie skoolverlaters met swak grade glo dat hulle op voordele sal eindig. Dit is volgens 'n opname vir The Prince's Trust, wat ook bevind het ongeveer een uit elke vyf het "hul ambisies laat vaar" weens 'n gebrek aan sukses in die klaskamer. Die liefdadigheidsorganisasie beweer dat kinders wat nie die graad op skool haal nie, hul drome opgee en verwag om van staatsuitdeelstukke te lewe. Meer as 2 000 jongmense van 16 tot 25 jaar oud is ondervra as deel van die aanlyn opname, wat ook bevind het dat diegene met minder as vyf GCSE's byna twee keer so geneig is as hul eweknieë om te glo dat hulle "nooit tot iets sal kom nie". Die peiling het ook gewys een uit elke 10 jongmense glo hul eksamenuitslae sal hulle "altyd" terughou. Dit neem toe tot 'n kwart (26%) onder diegene wat die skool met swak punte verlaat het. Die Trust sê "Dit is nou belangriker as ooit om te belê in beroepsondersteuning en opleiding vir jongmense wat nie akademies suksesvol is nie."

Bid: vir almal wat voel hulle het akademies misluk en dat hulle hoop, doel en rigting in die lewe gegee sal word. (Heb.12:1)

Meer: http://www.premier.org.uk/news/current/Poor%20grades%20cause%20young%20people%20to%20give%20up%20on%20ambitions%20says%20report.aspx