Polisie stel gerus oor Londen Marathon

'n Senior Metropolitaanse Polisiebeampte het hardlopers en toeskouers gerusgestel dat Sondag se Londen-marathon sal voortgaan soos beplan. Bevelvoerder Christine Jones het gesê sekuriteit word hersien ná twee dodelike ontploffings by die Boston-marathon. Die publiek moet 'verseker' word dat die polisie 'baie, baie goed geoefen' is om groot geleenthede te bestuur, het sy bygevoeg. Boris Johnson, burgemeester van Londen, het ook met die polisie gepraat oor die moontlikheid van ekstra sekuriteit op die dag. In Boston is bekend dat minstens drie mense Maandag dood is en meer as 170 beseer is in ontploffings naby die marathon se eindstreep. Hugh Robertson, minister van sport, het gesê hy is 'absoluut vol vertroue' dat die Londen-marathon veilig gehou kan word. Londen het 'enorme ondervinding' gehad om groot geleenthede te lewer en die Verenigde Koninkryk het van die beste veiligheidspersoneel ter wêreld gehad, het hy aan die BBC gesê, en bygevoeg: 'Dit is een van daardie gevalle waar die beste manier om solidariteit met Boston te toon, is om voort te gaan .'

Bid: vir die veiligheid van hierdie gebeurtenis en enige stappe om dit te ontwrig sal gedwarsboom word.(Ps.5:11b)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/uk-22168556