Die polisie in Lancashire het die eienaar van 'n Christelike kafee aangesê om op te hou om Bybeltekste op 'n videoskerm te vertoon, omdat dit wette oor openbare orde oortree. Beamptes het die Salt & Light Coffee House op Laytonweg, Blackpool, op Maandag 19 September bygewoon na 'n klagte oor 'beledigende' en 'homofobiese' materiaal. Die kafee se eienaar, mnr Jamie Murray, sê die beamptes het nie gespesifiseer watter tekste die oortreding veroorsaak het nie. Die Bybeltekste word op 'n TV-skerm aan die agterkant van die kafee vertoon. Mnr Murray gebruik 'n stel DVD's genaamd die Wagwoord-Bybel wat vers vir vers deur die hele Nuwe Testament loop. Mnr Murray word ondersteun deur The Christian Institute, 'n nasionale liefdadigheidsorganisasie wat die godsdiensvryheid van Christene verdedig. Daar is wydverspreide kommer dat die polisie die wet misbruik om woorde of materiaal wat ander as 'beledigend' kan vind, in toom te hou. Burgerregtegroepe is bekommerd oor die impak op vrye spraak.
Bid: dat die polisie se optrede in hierdie saak in die hof omvergewerp word as 'n skending van vrye spraak. (Spr.4:5)
Meer: http://www.christian.org.uk/news/video-police-ban-bible-from-christian-cafe/