Die eerste minister David Cameron het gesê hy is absoluut vasbeslote dat die koalisieregering 'wetgewing vir gay-huwelike in hierdie parlement' sal maak. Hy het verder gesê: 'Die belofte wat ek vir jou kan maak, is dat hierdie koalisieregering daartoe verbind is om die wet te verander en ook daaraan te werk om die kultuur te verander en die Konserwatiewe party ondersteun dit absoluut. Dit is iets waaroor ek persoonlik baie passievol voel.' In 'n aparte ontwikkeling beoog die Skotse regeringsmanne om 'n wetsontwerp voor te lê wat selfdegeslaghuwelike instel ten spyte van sterk teenkanting. Die premier se aanspraak op steun van die konserwatiewe party staan in stryd met die openbare verklarings van verskeie LP's, insluitend kabinetsministers wat die planne teenstaan. Vooraanstaande Evangeliese Christengroepe het Vrydag 'n geskrewe gebed vir die huwelik vrygestel wat deur die hele land gebruik sal word. Sien: http://www.christian.org.uk/news/christians-urged-to-pray-for-marriage/ Die oproep vir gebed is gesamentlik deur CARE, Christian Concern, die Evangelical Alliance en The Christian Institute uitgereik.
Bid: dat die debat oor die huwelik in die samelewing in gebed gebaai word – en dat David Cameron God se unieke pad vorentoe sal raaksien. (Ps.119:18)