Print this page

Petisie om B&B eienaars te ondersteun

Mnr David Skinner gaan 'n petisie aan die Eerste Minister, mnr David Cameron, voorlê ter ondersteuning van Peter en Hazelmary Bull wat 'n Christelike bed-en-ontbytbesigheid in hul huis in Cornwall bedryf. Hulle staar 'n siviele hofeis van £5 000 en moontlik die sluiting van hul besigheid in die gesig omdat hulle 'n dubbelbed aan twee gay mans geweier het. Daar word beweer dat mnr en mev Bull die Seksuele Oriëntasieregulasies (2007) oortree het. Daar moet egter op gelet word dat die Bulle 'n beleid het wat enigiemand 'n dubbelbed weier wat nie getroud is nie, hetsy gay of straight. Soos gesien sal word, is hierdie kwessie veel groter as iemand wat hul B&B en moontlik hul huis verloor. Of ons 'godsdienstig' is of nie, die Bulle verteenwoordig almal van ons wat sien dat ons vryheid gesteel word deur groepe wat vasbeslote is om die samelewing te herontwerp. Teken asseblief die petisie hier.

Bid: dat hierdie petisie goed ondersteun sal word en gunstig deur mnr Cameron ontvang sal word. (Det.16:20)

Meer: http://www.anglican-mainstream.net/2011/01/04/petition-to-support-bed-and-breakfast-owners-in-cornwall/