Woede oor BBC se nuwe lesbiese program

’n Omstrede nuwe BBC-lesbiese drama wat gewys het dat twee vroue seks langs ’n lyk het, het TV-kykers ontsteld gelaat. BBC 3 se Lip Service, gemik op kykers so jonk as 16, het hierdie week begin uitsaai en het klagtes van talle kykers gelok. Die aktrise Laura Fraser, wat 'n karakter genaamd Cat speel, het gesê: 'Ek het begin voel ek maak 'n pornofilm. Aan die einde van 'n dag het ek gedink 'wat doen ek vir 'n lewe?' Die BBC beskryf Lip Service as 'n 'vet' drama 'oor die sekslewens en liefdesverhoudings van iets-en-twintig lesbiërs wat in die hedendaagse Glasgow woon'. Die program het 'n aantal klagtes gelok, een kyker het die sekstoneel in die begrafnissalon as 'maagkarring' beskryf. Harriet Braun, die program se skepper, beweer dat die program so realisties moontlik is. Sy het gesê: 'Dit was belangrik, ek wou hê dit moet die werklike lewe weerspieël.'

Bid: dat die BBC besef dat dit standaarde moet stel eerder as om minderheidsfobies te volg. (1Ti.6:20)

Meer: http://www.christian.org.uk/news/viewers-outraged-over-bbcs-new-lesbian-show/