Buitelugkerkdienste om bewusmaking van vervolging te kweek

Kerke in die Verenigde Koninkryk en Ierland sal volgende maand dienste in die buitelug hou as 'n teken van solidariteit met vervolgde Christene regoor die wêreld. Die Great Out doors Church Service is 'n inisiatief van Release International, wat werk met Christene wat ly vir hul geloof. In sommige dele van die wêreld het owerhede kerke afgebreek of gemeentes verbied om in hul eie geboue te vergader. Aanbidders by die Shouwang-kerk in Beijing, China, word verbied om hul gebou binne te gaan en is gearresteer terwyl hulle buite ontmoet. Volgens Release International het Shouwang Kerk nou meer as 100 dienste in die buitelug gehou nadat dit amptelike erkenning deur die owerhede geweier is. In Nigerië het die vernietiging van kerke deur ekstremiste baie Christene gedwing om hul dienste in die buitelug te hou. In Sentraal-Asië het Christene op die platteland vergader om toesig te ontsnap. Kerke in die VK en Ierland sal op 19 en 26 Mei hul dienste in die buitelug hou as 'n daad van openbare getuienis.

Bid: dat diegene wat vervolg word 'en waar Kerke vernietig is, beskerm sal word en God sal voorsien. (Gen.50:21)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/outdoor.church.services.to.raise.awareness.of.persecution/32234.htm