Die Oranje Orde het konsepwetgewing verwerp vir nuwe meganismes om omstrede parades te hanteer. Die Grand Lodge het op 6 Julie in County Tyrone vergader om die planne te oorweeg. Die stemme was 37 teen en 32 voor, met vier onthoudings. Die voorstelle is ná die Hillsborough-ooreenkoms opgestel en beoog 'n fokus op dialoog en 'n gedragskode vir beide inwoners en optoggangers. Die DUP het gesê: 'Ons is die enigste party wat voorstelle op die tafel geplaas het om kwessies rondom paradering en protes te hanteer, gebaseer op die handhawing van die fundamentele reg op vryheid van openbare vergadering. Die DUP en Sinn Fein het 'n groep van ses sterk gestig om aan die saak te werk om 'n nuwe en verbeterde raamwerk voor te stel om oor omstrede optogte te beslis. Een van diegene wat op die werkgroep gesit het, Sinn Fein MLA John O'Dowd, het gesê dat die stemming wys die Oranje Orde moet 'wakker word'.
Bid: vir versoening tussen die opponerende partye in die provinsie. (Luk.12:58)
Meer: http://news.bbc.co.uk/1/hi/northern_ireland/10534075.stm