Christene het die bekendstelling van premier David Cameron se 'Big Society'-inisiatief verwelkom as 'n manier om almal betrokke te kry by hul gemeenskappe. Cameron het Maandag sy visie in Liverpool uitgespel en die Big Society beskou as 'die grootste, mees dramatiese herverdeling van mag van die elite in Whitehall na die man en vrou in die straat'. Hy wil sien dat meer mense op voetsoolvlak saamwerk om die lewensgehalte vir almal deur vrywillige werk te verbeter. Inisiatiewe sluit in die plaaslike uitkoop van 'n plattelandse kroeg en die werwing van vrywilligers om museums oop te hou. Steve Clifford, hoofdirekteur van die Evangeliese Alliansie, het gesê Christene is reeds in die hart van die diens aan hul gemeenskappe, en moet hierdie geleentheid aangryp om verder betrokke te raak. Steve Chalke, stigter van Faithworks en Oasis, het die denke agter die 'Big Society' verwelkom. 'Dit is waaroor die kerk nog altyd gegaan het, so daar is enorme geleenthede vir kerke in dit alles.
Bid: dat Christengroepe biddend sal oorweeg hoe hierdie geleentheid vir God se werk gebruik kan word. (1Th.5:15)
Meer : http://www.christiantoday.co.uk/article/christians.see.opportunities.for.the.church.in.camerons.big.society.pla