Een uit elke vier leerlinge erken dat hulle pornografiese beelde omruil

'n Ontstellende aantal kinders - sommige so jonk as 11 - neem pornografiese beelde van hulself en ruil dit met vriende deur middel van teksboodskappe of die internet, waarsku kenners. 'n Opname toon dat 40 persent van 11- tot 14-jariges hul selfone of rekenaar gebruik het om foto's van hulself te stuur of naak of bostuklose beelde van vriende te ontvang. En meer as die helfte van jongmense wat hierdie beelde gestuur het - 'n neiging bekend as 'seksting' - het dit gedoen met die wete dat die foto's aan 'n aantal ontvangers deurgegee sou word. En vier uit tien van die 11 000 kinders wat ondervra is, het gedink dit is 'gepas' om foto's van toplose meisies in hul skool te versprei. Kenners het gesê die bevindinge het 'n beduidende verskuiwing getoon van kinders wat internetpornografie kyk - om dit self te skep. Die skokkende neiging word geblameer op die volume internetpornografie wat gesien word deur seuns wat as gevolg daarvan verwag dat vriendinne promisku moet wees en met hul liggame pronk.

Bid: teen hierdie tendens van 'seks' onder die jongmense en bid dat maniere gevind sal word om hierdie en ander vorme van pornografie te beheer. (Tit.2:1)

Meer: http://www.dailymail.co.uk/news/article-1367426/One-pupils-admit-swapping-porn-images-text-message.html#ixzz1HFkdm4bE