Die aantal 18- tot 35-jariges wat die VK se voorste dobbeladviesdiens kontak, het vir 'n derde agtereenvolgende jaar gestyg. GamCare se syfers wys meer as 60% van hul oproepe die afgelope 12 maande was van daardie ouderdomsgroep. Dit sê slimfone en aanlyn weddery speel 'n groot rol in die opkoms van jong mense wat dobbelprobleme ontwikkel. In totaal het 8 813 mense GamCare gekontak vir hulp die afgelope jaar. Dit is 'n styging van 8,1% vergeleke met die algehele getal wat in 2011 kontak gemaak het. Alhoewel die totale aantal bellers dieselfde gebly het vir 2012, was daar elke jaar 'n styging in die 18- tot 35-jarige kategorie. Adam Brown (24) van Long Eaton in Derbyshire, sê hy het die eerste keer gedobbel toe hy 19 was en begin met af en toe besoeke aan 'n wedderywinkel. Adam sê die gebruik van sy slimfoon om te dobbel was 'rampspoedig' en dit het 'n verslawing geword.
Bid: teen die verspreiding van dobbelary onder jongmense en dat die gebruik van slimfone beheer mag word. (Tit.2:12)