NSPCC loods nuwe bewusmakingsveldtog teen kindermishandeling

’n Nuwe publisiteitsveldtog deur die NSPCC het ten doel om seksuele misbruik van kinders te help voorkom deur mense aan te moedig om hul bekommernisse aan te meld. Die onlangse aantygings teen Jimmy Savile en ander het baie tragiese gevalle van seksuele misbruik teen die jongmense blootgelê, sê Peter Watt, direkteur van die NSPCC. 'Ons is bekommerd dat, aangesien baie van sy slagoffers in die 1970's en 80's mishandel is, kinderseksmishandeling as meer 'n probleem van die verlede gesien kan word. Verder is ons bekommerd uit die bevindinge van die saak dat mense nie weet waarheen om hulle te wend vir hulp om kindermishandeling aan te meld nie, of huiwer om mishandeling aan te meld totdat hulle 100 persent seker voel dat dit plaasgevind het. Dit is hoekom ons 'n nuwe advertensieveldtog begin wat mense aanmoedig om die NSPCC te kontak as hulle bekommerd is oor 'n kind. Ons advertensie is daarop gemik om mense te herinner dat kindermishandeling 'n wydverspreide probleem bly en kinders steeds vandag mishandel word.

Bid: vir alle maatreëls wat sal help om kindermishandeling iets van die verlede te maak. (Mark.9:42)

Meer: http://www.ekklesia.co.uk/node/17615