Print this page

NI Aartsbiskop prys hospiesbeweging

Die aartsbiskop van Armagh was Sondag by 'n spesiale diens om drie dekades van sorg deur die Noord-Ierland Hospice te vier. Die diens is Sondag by St Anne's Cathedral, Belfast, gehou en is gelei deur die Dekaan, die Eerwaarde John Mann. Die leiers van die vier hoofkerke in Noord-Ierland het saamgekom in 'n aanbieding van kerse wat die 28 jaar van die lewe van die NI Hospice verteenwoordig. Die aartsbiskop van Armagh en primaat van die hele Ierland, dr Richard Clarke, het 'n persoonlike besinning tydens die diens aangebied. Hy het veral bedank vir die bediening by St Brigid's Hospice op die Curragh van Kildare, wat na sy vrou Linda gesorg het gedurende die laaste dae van haar lewe.

Bid: vir die hospiesbeweging en dat die ondersteuning deur die kerk en Christene tot seën sal bly vir diegene wat in nood is. (Ps.8:4)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/archbishop.praises.hospice.movement/32270.htm