Print this page

Nuwe petisie oor gelykheidswetgewing

Christian Concern het 'n petisie geloods oor verlede week se uitspraak in die saak van Owen en Eunice Johns wat groot nasionale belangstelling en wye mediadekking ontlok het. Die uitspraak het weereens die probleme beklemtoon wat Christene kan ondervind wanneer hulle probeer om deel te neem aan sekere dele van die openbare lewe sonder om hul oortuigings in te boet. Die Johns het Maandag vandeesweek saam met Christian Concern 'n groot nuwe petisie geloods, waarin hulle 'n beroep op die Eerste Minister doen om Christelike gewete te respekteer en dringende stappe te doen om die probleme wat deur gelykheidswetgewing geskep word, aan te spreek. Jy kan die petisie hier lees en onderteken. http://christianconcern.com/equalities-and-conscience

Bid: dat hierdie petisie wye steun sal ontvang en sal lei tot 'n verandering in die gelykheidswetgewing. (2Th.2:13)

Meer: http://www.theway.co.uk/feature.php?id=8392&this=Christian_Concern_launch_new_petition_over_equalities_legislation