Print this page

Nuwe burgemeester verbied Christelike gebede

Christelike gebede is van die begin van raadsvergaderings deur die nuwe burgemeester van Bridport in Dorset laat vaar. David Rickard het besluit om die gebede by volle vergaderings van die Bridport Dorpsraad te vervang met 'n 'kort tyd van stil, private nadenke'. Hy het die skuif tydens sy burgemeesterseremonie aangekondig, maar die besluit was hoogs omstrede. Raadslid Sandra Brown, 'n voormalige burgemeester, het gewaarsku dat baie lede van die raad teen die besluit is. Sy het gesê: 'Ek voel baie sterk daaroor en daar is verskeie van ons op die raad wat nogal ontsteld is daaroor. Ongelukkig dink ek nie daar is genoeg van ons om hom van plan te laat verander nie'. David Tett, nog 'n voormalige burgemeester en onafhanklike raadslid, het gesê: 'Ek is 'n tradisionalis. Ek is teleurgesteld om te sien hoe die gebede so by die venster uitgegooi word. Dit is totaal ongevraagd.'

Bid: dat diegene wat gebed ondersteun, ondersteuning sal ontvang om te sien dat hierdie beslissing omgekeer word. (Ps.20:2)

Meer: http://www.christian.org.uk/news/new-mayor-bans-christian-prayers-at-council-meetings/