Samaritan's Purse UK sluit aan by duisende gelowiges op pad na die Wembley-stadion vir die Nasionale Dag van Gebed en Aanbidding (NDOP) op 29 September, wanneer die Christelike liefdadigheidsorganisasie gebede sal lei vir sommige van die armste en mees kwesbare kinders regoor die wêreld, berig Peter Wooding, Europa-burohoof vir Assist News Service. 'Ons is
regtig opgewonde om deel te wees van hierdie geskiedkundige gebeurtenis, waar ons die lot van sommige van die behoeftigste kinders regoor die wêreld sal uitlig,” het Simon Barrington, uitvoerende direkteur van Samaritan's Purse UK, gesê. Op 29 September, terwyl tienduisende Christene by Wembley bymekaarkom, sal daar 'n tyd van gebed wees vir die kinders in meer as 105 lande wat geskenkgevulde skoenbokse sal ontvang deur hierdie jaar se Operation Christmas Child-veldtog. 'Ons sal ook God loof en alles vier wat gedoen is deur die 94 miljoen skoenbokse wat die afgelope 22 jaar deur Operation Christmas Child aan behoeftige kinders afgelewer is.
Bid: vir die NDOP en veral vir die werk van Samaritan's Purse. (Gal.2:10)