Moslem sê: Christelike geloof word 'verweer'

Brittanje se nasionale geloof word 'verweer' deur polities-korrekte individue wat probeer om godsdiens uit die samelewing te verwyder, het 'n Moslem-dokter beweer. Dr Taj Hargey het gewaarsku dat talle sekularistiese groepe Christenskap in die land opsy skuif. Hy het beweer dat dit lei tot die vernietiging van die 'sterk morele kompas' en 'eens bekende gemeenskapsgees' wat in die nasie teenwoordig is. Hy het gesê dat diegene in beheer eerder as om godsdiens te beskerm, eerder bydra tot die marginalisering daarvan. 'Ek is Moslem. Maar selfs as 'n nie-Christen, kan ek al te duidelik die skandelike manier sien waarop Brittanje se nasionale geloof geërodeer word,' het hy verduidelik. 'Die deurslaggewende indruk is dat die staat toenemend minderheidsgodsdienste bo Brittanje se eie bevoordeel.' 'n Aantal godsdienstige organisasies het hulle uitgespreek teen die instelling van nuwe wetgewing in die VK wat hulle glo poog om die Christendom van die samelewing te marginaliseer.

Bid: dat Christene sal voortgaan om te praat en teen marginalisering van ons geloof te veg. (1Kr.19:13)

Meer: http://www.theway.co.uk/feature.php?id=8034&this=Muslim_says:_Christian_faith_is_getting_'eroded'