Moslem-leiers 'versuim om ekstremiste aan te pak'

Moslemleiers is deur 'n akademikus van die Universiteit van Oxford gekritiseer omdat hulle nie genoeg gedoen het om ekstremiste aan te pak nie. Terselfdertyd het 'n parlementêre komitee 'n sentrale deel van die Regering se teen-ekstremisme-program aangeval deur aan te voer dat sy 'Voorkom'-strategie 'Moslems gestigmatiseer en vervreem' het. Nick Chatrath, 'n navorser by Oxford se Fakulteit Oosterse Studies, beweer in 'n referaat wat vandeesweek gepubliseer gaan word dat Moslemleiers, in die lig van toenemende radikalisering in Brittanje, ekstremiste se standpunte ignoreer en sommige van die meer onsmaaklike dele van Islam se antieke tekste. In 'n opstel in volgende maand se Islam en Christen-Moslem-verhoudinge, vra mnr Chatrath 'n meer openlike betrokkenheid deur gematigde Moslems met die argumente van ekstremiste. Mnr Chatrath sê: 'Gematigde Moslem-leiers doen 'n swak werk om ekstremisme in Brittanje aan te pak.' Hy het 'n beroep op gematigde gemeenskapsleiers gedoen om meer te doen om dit teë te werk.

Bid: teen diegene wat ekstreme idees in enige vorm bevorder dat hulle gemodereer sal word. (Pred.7:18b)

Meer: http://www.timesonline.co.uk/tol/comment/faith/article7082139.ece#cid=OTC-RSS&attr=797084