Na 'n geheime ondersoek na aborsie deur die Daily Telegraph, het Nadine Dorries-LP gevra vir 'n hervorming van die Britse aborsiewet. Die ondersoek het die praktyk van geslagselektiewe aborsies in 'n aantal klinieke ontbloot, en het 'n wyer vraag laat ontstaan oor hoe en selfs of aborsiewette gevolg word. Me Dorries het nou voorgestel dat die Wet op Aborsie 1967 moet verander aangesien dit ''n swak opgestelde stuk wetgewing' is. Kragtens die Wet is aborsie onwettig tensy dit binne sekere vrystellings val. Onder gronde C, wat die vrystelling is wat die meeste gebruik word, mag aborsie slegs uitgevoer word indien die voortsetting van die swangerskap die moeder (of haar bestaande kinders) se geestelike en fisiese gesondheid in groter gevaar stel as wanneer sy 'n aborsie het. Tog het kritici beweer dat daar min bewyse is wat daarop dui dat dit in die meeste gevalle 'n korrekte aanname is, en dat ons nou in die praktyk aborsie op aanvraag het.
Bid: dat ernstige oorweging daaraan gegee word om hierdie aborsiewet te hervorm. (Heb.7:12)
Meer: http://www.christianconcern.com/our-concerns/abortion/mp-calls-for-reform-of-uk-abortion-law